Local newsNewsNews

Kubaanse ingenieurs: Solidariteit gaan voort met regsaksie

Solidariteit het vandag aangekondig dat hy voortgaan met regsaksie nadat die Departement van Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie versuim het om hul voorneme na te kom om ʼn alternatiewe voorstel in verband met die invoer van Kubaanse ingenieurs voor te lê.

“Hulle het ons eenvoudig met geen ander opsie gelaat as om met ons regsaksie voort te gaan nie. Nadat ons in goeder trou, op hulle versoek, vir hulle die vergunning toegestaan het om vir ons ʼn alternatief voor te lê, het hulle gewoon niks gedoen om hierdie plig na te kom nie,” verduidelik dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

“Ons hofstukke word dus eersdaags beteken en ons staan gereed om die saak in die hof verder te dryf. Daar is geen regverdiging daarvoor om Kubane in te voer – en dit boonop vanaf ʼn land met ʼn powere water-infrastruktuur – terwyl daar Suid-Afrikaanse vaardighede beskikbaar is nie. Die kern van die probleem is ʼn totale disrespek vir vaardighede en die private sektor in Suid-Afrika,” sluit Hermann af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button