Local newsNewsNews

Vaalpark Primêr se soete Moedersdagvieringe

Van video's wat enige een sal laat glimlag tot by die "Mamma is soos 'n Sweetie Pie" kaartjie ... Vaalpark Primêr het Moedersdag 2021 behoorlik gevier.

VAALPARK. – Die leerlingraad van die Vaalpark Prmêre Skool het Moedersdag as die ideale geleentheid gebruik om dankie te sê vir al die dames personeellede by die skool.

Op Vrydag, 7 Mei is ieder en elk verras met ‘n bottel koekies in die saal. Een van die skool se kantoorpersoneellede, Cheryl van Staden het op die skool se facebookblad gesê: “Dankie vir die lekker bederf. Word waardeer”.

Die leerlingraad het die bottels met koekies aan al die dames personeellede uitgedeel vir Moedersdag.

Die Moedersdagvieringe het nie daar opgehou nie. Die skool het twee video’s geplaas, een in Afrikaans en een in Engels, waar die leerlinge se antwoorde op ‘n paar vrae vasgevang is.

Op die vraag hoe oud dink jy is jou ma, was daar duidelik ‘n paar wilde raaiskote en arme mamma was enige iets van 3 jaar oud tot 80! Die gesiggies het almal vreeslik gefrons toe hulle moes wys hoe lyk hul ma’s as hul kwaad is en dis duidelik dat hulle goed weet ma’s word kwaad as hul met boetie of sussie baklei.

Die meeste was oortuig hul ma maak net heeltyd huis skoon, was skottelgoed of maak kos, terwyl ‘n paar se ma’s darem kans gekry het om stories te kyk of op hul laptops te werk. Hoe weet die meerderheid hul ma’s is lief vir hulle? Sy deel drukkies uit en sy maak lekker kos!

Annemie Schoeman het die video’s perfek saamgevat op facebook: “Die video’s was so ‘n oulike idee! Al was my tweetjies nie eers op nie, het die trane geloop. Kinders is so onskuldig en die antwoorde so opreg en baie snaaks. Well done Vaalpark Primêr”.

Die Afrikaanse video kan by https://youtu.be/aiftZaO0dfQ gekyk word en vir die Engelse weergawe kliek  op https://youtu.be/o6SECbxATXE.

As ‘n verdere verrassing het die graad 0 en 00 klasse se ma’s op Maandagmiddag, 10 Mei, elkeen ‘n boksie met twee pienk donuts gekry soos hulle verby ‘n vrolik-opgemaakte tafel gery het.

Die graad 0 en 00 klasse se ma’s is almal Maandagmiddag met donuts verras. Foto’s verskaf.

Charmaine Kriek, die skool se bemarker, het ook onder die vaandel van Moedersdag Sweetie Pie’s met ‘n spesiale kaartjie aangeheg by die kleuterskole en speelgroepies in Vaalpark gaan uitdeel.

Charmaine Kriek het die kaartjie saam met Sweetie Pie’s by Vaalpark se kleuterskole en speelgroepies uitgegee. Foto verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button