Local newsNewsNews

Haas Das voer onderhoud by Kollegepark

Wie onthou nog vir Haas Das se Nuuskas vroegaand net na 6? Laerskool Kollgegepark het onlangs van ou Haas Das se dienste gebruik gemaak.

VANDERBIJLPARK. – Haas Das was ‘n bekende en beminde nuusleser wat vandag se kinders se ouma’s en oupa’s weekliks op die kassie vermaak het. Hy en Piet Muis het die nuus uit Diereland gebring.

Van Haas Das se ou nuusberigte kan nog op YouTube gesien word, maar in persoon is hy lanklaas gewaar. Daarom was daar groot opgewondenheid toe “Haas Das” met die” skoolhoof” ‘n onderhoud kom voer het om die voornemende graad RR leerders van 2022 na ‘n ope dag by die skool uit te nooi.

Die video kan by  https://fb.watch/5B-ai_RVQf/ gekyk word. Die leerlinge en personeel van Laerskool Kollegepark glo in spanwerk en gaan uit hul pad om die opedae vir volgende jaar se graad RR, R en graad 1’s so opwindend en lekker moontlik te maak.

Die skool se leiers verwelkom voornemende graad R leerders en ouers by die skool. Foto: Verskaf

Die graad 1’s se opedag is met ‘n reeks sirkus video’s aangekondig en kan ook almal op die skool se Facebook blad gekyk word.

Die graad R klas van 2022 het op 18 Mei ‘n Koekeloertoer by die skool gehad waar hulle die graad R-onderwyseresse ontmoet het, die klasse kon besigtig het en elkeen met ‘n soetigheidjie bederf is.

Die skool se boodskap aan die voornemende graad R leerlinge was: “Waarom inpas as jy gebore is om uit te staan? By ons is elke graad R-leerder uniek.”

Volgende jaar se graad R leerders het ‘n kans gehad om die graad R onderwyseresse te ontmoet en by die klasse in te loer tydens die Koekeloertoer. Foto: Verskaf

Die opedag vir die voornemende graad RR maats vind plaas op 4 Junie om 14:00  en die graad 1 opedag op 26 Mei. Gaan besoek gerus die skool se Facebookblad by Laerskool Kollegepark vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button