Local newsNewsNews

Maak reg vir puik konsert Sondag in Sasolburg

SASOLBURG. - Maak reg vir hope vermaak hierdie Sondag. Die Chorus Project bied 'n konsert aan ten bate van die die Catherine Robson Kinderhuis in Vereeniging en van die kunstenaars wat gaan optree sluit in Nicholis Louw, Soné Joubert en Greunen Parker.

Die konsert vind plaas op 23 Mei by die Wild Stallions Restaurant, Pub, Car Wash & Venue in Sasolburg. Toegang is slegs R30 vir ‘n hele dag se vermaak en boonop kry kinders o/13 gratis toegang.

Die pret begin om 09:00 en kaartjies sal by die ingang te koop wees. Onthou om ‘n lekker kampstoel saam te bring en volg asb. COVID-19 veiligheidsreëls – dus geen masker, geen toegang nie.

Die kunstenaars wat gaan optree is:

1. Nicholis Louw

2. Soné Joubert

3. Greunen Parker

4. Victor Bravo

5. BellaQ

6. Jaco Briel

7. Mirandi Vermaak

8. Rocket (Geraldene en Riaan)

9. Jesus se Lappop

10. Carla

11. MC for the day is DJ Babsie.

* Die Chorus Project bedank al die borge wat die dag moontlik maak, in besonder Wild Stallions Restaurant, Pub, Car Wash & Venue Sasolburg, Cow & Bull Pub and Grill, Westvaal Holiday Resort en Kobus Kruger (fotograaf vir die dag).

Vir meer inligting kontak die Chorus Project by 079 0177 856.

Soné Joubert

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button