Local newsNewsNews

ERT Fliek Klub fokus op Sondheim en Sweeney Todd

"Art, in itself, is an attempt to bring order out of chaos." - Stephen Sondheim

SASOLBURG. – Fliek en musiekblyspel entoesiaste, daar is nog kaartjies beskikbaar vir die Stephen Sondheim bespreking deur Jaco van Rensburg en die gepaardgaande rolprent vertoning van Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street.

Besprekings – WhatsApp 063 217 5147.

Die verrigtinge begin môre, Saterdag, 22 Mei om 12:00 met die agter die gordyn bespreking oor die lewe en wêreld van Stephen Sondheim deur Jaco van Rensburg.

Sondheim is ‘n bekroonde komponis en liriekskrywer. Hy het ‘n groot invloed op musiekblyspeles in die 20ste eeu gehad. Van sy werke sluit Follies, A Funny Thing Happened on the Way to the Forum, Gypsy, Sunday in the Park with George en Sweeney Todd in.

Die vertoning van die 1982 filmverwerking van Sweeney Todd: The Demon Barber of Fleet Street met George Hearn en Angela Lansbury in die hoofrolle begin om 14:00.

Meer besonderhede  beskikbaar op die facebook blad @ERTSasolburg. Vir meer inligting oor die rolprent en die geskiedenis daaragter, gaan loer in by https://www.pbs.org/kqed/demonbarber/play/index.html.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button