HealthNationalNews

Wat gaan Pres Ramaphosa vanaand sê?

Strenger inperking gaan moontlik aangekondig word

  President Cyril Ramaphosa spreek vanaand (30 Mei) om 19:00 die nasie toe oor die jongste ontwikkelinge rondom die viruspandemie. Meer as 4 000 nuwe gevalle is gister (29 Mei) vir die derde agtereenvolgende dag gerapporteer. Sedert verlede week het nuwe gevalle en sterftes beduidend toegeneem en die infeksiekoers is nou 10%. President Cyril Ramaphosa het die afgelope week met die Nasionale Coronavirus Bevelsraad vergader en na verwagting gaan ‘n strenger vlak van inperking vanaand aangekondig word. Daar word verwag dat dit ‘n beperking op die getal mense by massabyeenkomste gaan insluit, sowel as ‘n vroeër aandklokreël. Mense in die gasvryheidsbedryf is bekommerd dat dit ook weer ‘n verbod op drankverkope kan insluit. Skakel vanaand om 19:00 op RSG of SABC-TV of DSTV-kanale 403 of 404 in om die President se toespraak te volg.

President Cyril Ramaphosa praat vanaand, 30 Mei, met die nasie.

***************************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button