Local newsNewsNews
DBV kom tot eendjie se redding
Die plaaslike Diere Beskermings Vereniging is altyd gereed om alle diere in nood te help. Die keer was dit 'n klein eendjie wat in gevaar was en die DBV-beamtes het dadelik tot aksie oorgegaan en hom gered.
Die eendjie wou graag ‘n pad oorsteek, wat natuurlik baie gevaar vir hom ingehou het. Nadat die DBV oor die eendjie in kennis gestel is, het hulle hom gaan soek en op ‘n konstruksiewerf gevind.
Daar was ongelukkig geen teken van sy ma of ander eendjies nie. Die DBV-beamptes het hom dus na ‘n rehabilitasie-sentrum geneem waar hy versorg sal word, totdat hy groot genoeg is om weer in die wild vrygelaat te word.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
