Local newsNewsNews

Ben Kruger – hoe ek hom onthou

'n Herdenkingsdiens vir Ben Kruger sal op www.facebook.com/benkruger.1957 gebeeldsend word op Woensdag, 23 Junie 2021. Die uitsending begin om 15:45 vir 16:00.  

Dit was 1980. Ek was in standerd 1, nie graad 3 nie. Dit was die jaar wat die TV-reeks, Skooldae, die eerste keer uitgesaai is.

Ben Kruger was die jong geskiedenisonderwyser, Christo de Wet.

Daar was niks wat mnr. De Wet nie kon doen nie, van konserte reël en rugby afrig tot om die kwaai Mev. Duvenhage (meesterlik vertolk deur Dulcie van den Bergh) om sy pinkie te draai vir ‘n koppie tee.

Ek het so ‘n paar maande gelede die Skooldae reeks op YouTube ontdek en dit sommer twee keer weer gekyk.

Die bekoring is dieselfde. Ek geniet dit nou eintlik meer as toe.

Dis hoe ek Ben Kruger sal onthou, as Mnr. Christo De Wet, geskiedenisonderwyser van Akademie Hoër.

Natuurlik is dit nie al rol wat die talentvolle Ben vertolk het nie.

Ben was voor sy afsterwe op 26 Mei 2021 bekend as Oom Okkie van die TV-sepie, Binnelanders.

Deur die jare het hy in verskeie ander reekse sy verskyning gemaak.

So was hy, onder andere, Neef Gert in 7de Laan, Tiny in Die Uwe Pottie Potgieter, Vlok Vorster in Moeggeploeg.

Hy het ook in verskeie Engelse reekse gespeel, en was ‘n gesoute akteur in rolprent en teaterproduksies.

Op sy facebookblad het hy sy aanhangers ook vermaak met kosdemonstrasies, foto’s, herinneringe en stories.

Daar was selfs ‘n musiekvideo waar hy saam met Reynardt Hugo, Clint Brink en Paul Lückhoff  in Germandt Geldenhuys se musiekvideo, Stille Nag gesing het.

Die video is net voor Kersfees 2020 vrygestel. Gaan gerus na https://www.youtube.com/watch?v=gyuXA9VV17A om na hul weergawe van Stille Nag te kyk.

En toe kom vat Covid-19 hom ook… Dis hartseer. Hy was maar 64 jaar oud. 

Dankie vir al die jare se vermaak en dat jy soveel van jouself vir ons gegee het.

Ten minste kan ons van die reekse weer en weer kyk en jou so vir altyd by ons hou.

‘n Herdenkingsdiens vir Ben Kruger sal op www.facebook.com/benkruger.1957 gebeeldsend word op Woensdag, 23 Junie 2021.

Die uitsending begin om 15:45 vir 16:00.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button