NewsNews

Veiligheid eerste: Kyk voor jy ‘n OTM gebruik

Baie mense verkies om deesdae kontantlose transaksies te doen.

Ten spyte van elektroniese oorbetalings, debietkaarte en bank toeps op slimfone, is daar baie mense wat steeds van tyd tot tyd geld by ‘n outomatiese tellermasjien (OTM) moet trek.
Ongelukkig kan mens ook ‘n maklike teiken wees vir misdadigers wanneer ‘n OTM gebruik word.
Arrie Coetzee van Public Eye Vaal in Vaalpark sê mense moet ten alle tye waaksaam wees en bewus wees van wat om hul aangaan.
Probeer om nie alleen ‘n OTM te besoek nie.
Moenie hulp aanvaar of hulp vra van iemand wat jy nie ten volle kan vertrou nie.
Maak seker niemand is in ‘n 1.5m radius om jou wanneer jy met die transaksie begin nie.
Wees gereed om ter enige tyd die “cancel” knoppie te druk en onthou om jou kaart te verwyder.
Moenie ‘n OTM gebruik waar dit lyk asof daar baie mense net doelloos rondstaan nie.
Wees bewus van mense wat in motors naby die OTM sit.
Vermy ‘n OTM waar die gebied verlate is wanneer die winkels in die omgewing gesluit is.
Voordat jy jou kaart invoer, maak seker alles lyk in plek en dat daar nie met die masjien gepeuter is nie.
Kyk veral na die gleuf waar die kaart moet ingaan.
As jou kaart nie met die eerste poging wil ingaan nie, los liewer die transaksie en gaan na ‘n ander masjien.
Maak seker jou geld is veilig gebêre voordat jy omdraai om te loop.
Wees oplettend en versigtig vir enige persoon wat in jou vasloop.
Grypdiewe kan jou binne ‘n oomblik beroof.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button