LifestyleNewsNews

Lag en sing saam met Dozi oor die verandering van plekname

DIS HOEKOM... alles moet verander...

Die talentvolle en gewilde Dozi het in 2020 sy negentiende album Vrede, vrygestel. Hy het ook reeds twee enkelsnitte  vrygestel, Partykeer Somtyds en Ek wil vir jou sê en nou volg sy derde enkelsnit vanaf hierdie album, DIS HOEKOM.

 

Die liedjie is deur Dozi, Kappie Kapp en Stef Kruger geskryf en is vervaardig deur Dozi, Mauritz Lotz en Tertius Human.

 

“Die lied gaan oor plekke se name wat verander en die verwarring wat daarmee gepaard gaan. Dit is ‘n ligte, humoristiese liedjie wat gaan oor die dinge wat ons almal eintlik kwaad maak, maar die liedjie gooi ‘n bietjie lig daarop. Ek dink mense sal aanklank vind en kan deel in die humor omdat dit so van toepassing is op die huidige omstandighede in ons land,” vertel Dozi oor die lied.

 

“Die rede hoekom ek musiek skryf, is om iets in die wêreld beter te maak. As jy ongelukkig is en jy luister na die regte musiek, dan voel jy beter,” voeg Dozi by.

 

DIS HOEKOM is beskikbaar op alle digitale platforms. Laai sy unieke musiek insluitend Dis Hoekom hier af: https://lnk.to/47YsMkvf

 

 

SOSIALE MEDIA SKAKELS:

Facebook:https://www.facebook.com/Dozifanpage/

Instagram: @doziopperman

*************************************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button