HealthNews

Midvaal-sakeman George Jonker gaan huis toe na 19 dae in hospitaal

Hartseer pa verloor sy seun weens virus. Tog is daar groot dankbaarheid oor die wonderwerk dat hyself nog gespaar is

 

Mnr. George Jonker, bekende sakeman van Midvaal, kon vroeër die week uit die hospitaal ontslaan word nadat hy byna 3 weke in die waakeenheid om sy lewe geveg het.
Mnr. Jonker is vroeër die maand met Covid-19 in ‘n privaathospitaal in Bethlehem opgeneem. Dit was die enigste hospitaal waar hy ‘n bed kon kry aangesien alle Covid-19 sale in die Vaaldriehoek vol was.
Sy 36-jarige seun, Sebastian (Bassie) Jonker, ook van Meyerton, het vroeg in Julie aan Covid-19 gesterf. Bassie het reeds in Junie siek geword maar kon ook nie dadelik ‘n hospitaalbed kry nie. Hy is tien dae lank tuis verpleeg voordat hy in die hospitaal opgeneem is, waar hy ongelukkig kort na sy opname gesterf het.
Hoewel die Jonker-familie steeds rou oor Bassie se dood, is hulle baie dankbaar dat mnr. Jonker herstel het en dat sy lewe gespaar is.
“Daar was wonderweke op wonderwerke,” sê mnr. Jonker na aanleiding van sy genesing.
Vaalweekblad sal volgende week volledig hieroor berig.

Kyk na die aandoenlike video oor mnr. Jonker se ontslag uit die hospitaal by hierdie skakel:

https://scanmail.trustwave.com/c=20371&d=356C4RncayjA4UhfnKEUmdtJBnHIp1bA1AEGePAdxg&u=https%3a%2f%2fwww%2eyoutube%2ecom%2fwatch%3fv%3dprXeAolvEqk

***************************************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button