NewsNews

Valia wys sy staal teen Kempies

VANDERBIJLPARK. – Met die nasioanle jeugweke wat vroeër vandeesweek deur SA Rugby vir die tweede agtereenvolgende jaar weens die Covid-pandemie gekanselleer is, is vriendskaplike kragmetings die enige dis op die spyskaart. Die o.14 en o.17-rugbyspanne van die Hoërskool Transvalia en Kempton Park het Vrydag 27 Augustus by dié eengang maaltyd met grommende magies aangesit. Honger …

VANDERBIJLPARK. – Met die nasioanle jeugweke wat vroeër vandeesweek deur SA Rugby vir die tweede agtereenvolgende jaar weens die Covid-pandemie gekanselleer is, is vriendskaplike kragmetings die enige dis op die spyskaart.

Die Hoërskool Transvalia het Vrydag 27 Augustus op sy tuisveld gasheer vir die Hoërskool Kempton Park gespeel. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Die o.14 en o.17-rugbyspanne van die Hoërskool Transvalia en Kempton Park het Vrydag 27 Augustus by dié eengang maaltyd met grommende magies aangesit. Honger is die beste kok… Mens kon sien. Die spelers was lus vir rugby en hoewel afronding hier en daar ontbreek het, was die wedstryde ‘n vertoonvenster vir skolerugby.

Valia se o.14’s was in ‘n goeie kragmeting met 22-15 baas en die o.17’s het met sy sege met 17-5 oor die Oos-Randers gewys dat die ligbloues aanstaande jaar met goeie diepte by sy eerste span gaan spog. Veral sy agttal se vertoning in die vaste skrums was iets om oor opgewonde te raak.

Die Hoërskool Transvalia het Vrydag 27 Augustus op sy tuisveld gasheer vir die Hoërskool Kempton Park gespeel. Foto’s: Ettienne van Rensburg

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button