NewsNews

Primavera – ‘n Ontvlugting van klank en kleur

"My wens vir jou is dat ons energie en passie vir ons kuns oor jou sal reën .... en dat jy hierdie teater sal verlaat met 'n gelukkige hart ..." - Carli Olivier. Dit was haar wens en dit het gebeur. 

SASOLBURG. – Die afgelope naweek het die Carli Spanish Dance Productions weer ‘n fees vir die sintuie aangebied. 

Primavera beteken lente en dit was voorwaar ‘n lentefees. Daar is vyf vertonings aangebied met Carli Olivier en die senior dansers wat in elke vertoning gedans het. Die juniors het ook hul buiging op die verhoog gemaak in die middag en oggend vertonings. 

Vrydagmiddag, 16:00 kon mens die opgewondenheid aanvoel. Dit was die dansskool se eerste optrede sedert die pandemie toegeslaan het. Die hele eerste nommer was opgedra aan wyle Wendy Brune. Sy was vir meer as 20 jaar Carli se verhoogbestuurder. Die dansers het op die maat van Queen se The Show Must Go On  vir oulaas hulde aan haar gebring. Die nommers het mekaar vinnig opgevolg en die meesleurende Spaanse musiek het almal meegevoer. 

Intussen het die opgewondenheid agter die skerms toegeneem. UIteindelik was dit tyd vir die heel beginners om hul eerste buiging op die verhoog te maak. Die kleutergroep, bestaande uit agt dogtertjies en een seuntjie, het onder groot gejuig hul verskyning gemaak. Vir van hulle was die oomblik en al die helder ligte net te groot en het hulle geheel vergeet wat hul geoefen het. Maar daar is gebuig, gejuig en gewaai onder luide toegjuiiging van ouers, oupas en oumas in die gehoor. Die jongman onder die dansers is bietjie oorweldig deur al die lawaai en het skuiling in sy pa se arms gaan soek. Sy ouers het gelukkig heel voor gesit. 

Na die oormaat oulikheid van die kleuters het die danspassies wat die ouer kinders openbaar het verstom. HIer is beslis ‘n paar professionele dansers vir die toekoms. Dis lekker om te sien hoe die kinders, tieners en volwasse dansers die Spaanse danse geniet. Hulle het die gehoor van begin tot einde bekoor. Dit het gevoel of mens vir ‘n uur vasgevang was in ‘n ander wêreld. Die ERT se klank en beligtingspan het hulself ook weer oortref en bygedra om die algehele sukses van die produksie te verseker. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button