Local newsNationalNewsNews

Gesinne bid om Kersfees herenig te wees

Hulle hoop op Kersfees, maar as dit nie kan nie, sal dit al help as hul net 'n datum het. 'n Datum sal hul help om te kan beplan.

VANDERBIJLPARK. – Adel Herbst, Lizelle Samons en Eckzurnia Filmalter gesels ‘n hond uit ‘n bos.

Op die oog af drie vriendinne aan’t kuier met koffie in die hand. Tot verlede jaar het die drie mekaar nie geken nie.

Vandag deel hul dieselfde hartverskeurende omstandighede. Hul mans is in Nieu-Seeland. Nie op ‘n tydelike werksmissie nie, permanent.

Al hul besittings ook. Die plan was dat die drie vroue en hul kinders in Maart verlede jaar ook Nieu-Seeland toe sou vlieg.

Hul visums was reeds betaal. Huise en motors verkoop. Familie en vriende gegroet.

Maar kort voordat hulle sou vlieg, toe breek daar ‘n wêreldwye pandemie uit en landsgrense word gesluit.

Skielik was hul sonder mans en besittings gestrand in Suid-Afrika.

Die manne het intussen begin werk aan die anderkant en moes maar self huis opsit en die skeepshouers met besittings uitpak.

Die drie gesinne is nie die enigstes wat nou al byna twee jaar so verdeel is nie.

Lizelle skat daar is wêreldwyd nog sowat 700 sulke gesinne, waarvan oor die 300 gesinne in Suid-Afrika is. Dit is net om Nieu-Seeland toe te gaan.

“Ons is al lid van by die 30 sosiale media groepe waar mense mekaar ondersteun, raad uitdeel en die jongste verwikkelinge dophou,” vertel Adel.

“Van die mense het moedeloos geraak en die mans begin nou terugkom. Maar, ons kan nie. Ons mans is almal in hul 40’s, hulle sal nie weer werk hier kry nie. Ons moet net uithou.”

Lizelle beaam dit. “Dit is hartseer om te sien hoeveel mense op die groepe begin nou vra hoe hulle kan skei. Mense raak moedeloos, huwelike vou, maar ons oorleef deur op ons knieë te bly.”

Dis die nie-weet-nie wat almal vang.

“As ons net ‘n datum gehad het, dan kan mens planne maak, reëlings tref en weer moed skep,” sê Adel. “Maar ons moet positief bly, vir onsself en ons kinders.”

Adel en Lizelle is dankbaar dat hul en hul kinders intussen by familie kan tuisgaan. Eckzurnia en haar seuns deel ‘n woonstel.

Hulle is ook dankbaar vir moderne tegnologie. “Ons kan darem video oproepe doen, selfs met die tydsverskil,” stem al drie saam.

“Ons kyk saam fliek. As Charles werk toe ry, dan “ry” ek saam, want hy hou die video aan,” vertel Lizelle.

Adel sê Neels het spesiale koffie-afsprake via video-oproepe met haar en ook met die kinders.

“Maar ek mis dit om saam met hom op die stoep te sit en koffie drink, waar ek net my hand kan uitsteek en aan hom vat,” sug sy.

Die gesinne hou duimvas dat hul beproewing een van die dae op ‘n einde sal wees.

Daar is al hoe meer druk op Nieu-Seeland om beperkings op te hef, aangesien hul ekonomie baie skade ly.

Die afgelope maande is van die gesinne al herenig toe, onder andere, mediese personeel se gesinne toegelaat is.

“Ons bid vir Kersfees,” spreek hulle die hoop uit. Hulle geloof hou hul staande en ook die feit dat die manne rustiger en meer ontspanne is in Nieu-Seeland as wat hulle in Suid-Afrika was.

Intussen het vreemdelinge vriende geword en is hulle bly dat hulle mekaar ten minste sal ken as hulle wel die dag in die vreemde la

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button