News

Betoging teen buitelandse sake-eienaars in Vereeniging

Spanning het vinnig handuit geruk toe betogers en sake-eienaars slaags geraak het, wat tot skade aan eiendom en polisietoetrede gelei het.

VEREENIGING – Die polisie moes ingryp nadat geweld tydens ‘n betoging in Vereeniging uitgebreek het waar ‘n groep inwoners teen buitelandse sake-eienaars opgeruk het.

Volgens inligting het die betogers geëis dat buitelanders die land moet verlaat. Die situasie het egter vinnig versleg toe botsings tussen die twee groepe ontstaan het.

Verskeie paaie is tydelik versper met brandende buitebande en klippe, wat verkeer in die gebied ontwrig het. Tydens die onrus is vensters van voertuie en winkels wat aan buitelandse sake-eienaars behoort, ook beskadig.

Ooggetuies het berig dat lede van die twee groepe mekaar met klippe bestook het voordat die polisie ingegryp het om die situasie onder beheer te bring.

Die omvang van beserings of moontlike inhegtenisnemings was teen druktyd nog onbekend. Die polisie monitor die situasie en ondersoek die voorval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button