Local newsNews

Anker spelers en afrigters skitter by LSOB-Cravenweek

Welgedaan aan Die Ankerskool leerders en personeel wat deel was van die LSOB Valke-Craven week span.

VANDERBIJLPARK – Die Anker Skool het die jaar ses speler en vyf onderwysers gehad wat deel was van die LSOB Valke-span wat tydens die Julie vakansie aan die LSOB-Craven week deelgeneem het.

Die onderwysers wat gekies was om deel van die span te wees, was Simphiwe Yika (Chaperone), Eugene Kidson (Sekretaris), Quentin. Hurter (Voorsitter), Kobus Kleyn (Hulpafrigter) en Christiaan. Joubert (Chaperone)

Die jong rugbyspelers, Lerato Moloi, Jayden Vorster, Tshegofatso Solo, Onele Fipaza, Lesedi Lethoba en Benggy Mokoena het hul staal op die rubyveld gewys.

Die LSOB Valke-span het twee van hul drie wedstryde gewen.

Die Anker Skool sê: “Ons is ongelooflik trots op hierdie personeel en leerders wat met toewyding, deursettingsvermoë en goeie sportmanskap op- en van die veld presteer. Hulle het nie net die Valke LSOB met trots verteenwoordig nie, maar ook die Ankerskool se naam hoog gehou

“Baie geluk aan elke speler met hierdie besondere prestasie. Julle harde werk en toewyding is ‘n inspirasie vir die hele skoolgemeenskap. Ons wens julle alle sterkte toe met julle toekomstige rugbyloopbane.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button