LifestyleNews

Matrieks, neem deel aan dié afskeidwedstryd!

Matrikulante kan tot 24 November hul afskeidsfoto’s na saintsberk@gmail.com e-pos om ‘n kans te staan om kontant en ‘n verskeidenheid pretpryse te wen.

2021 se Graad 12’s van alle skole in die Vaaldriehoek word uitgenooi om aan Vaalweekblad se jaarlikse Matriekafskeidkompetisie deel te neem.

Matrikulante kan tot 24 November hul afskeidsfoto’s na saintsberk@gmail.com e-pos om ‘n kans te staan om kontant en ‘n verskeidenheid pretpryse te wen. Tik MATRIEKAFSKEID in jou e-pos se onderwerpreël.

Alternatiewelik, as jy verkies om jou foto te WhatApp, kan jy dit saam met jou besonderhede na 076 454 9256 stuur.

Die foto kan van jou alleen wees, of saam met jou metgesel.

Foto’s moet as onverwerkte JPG’s gestuur word.

Onthou om jou naam en van te verskaf (en jou maat s’n as hy/sy op die foto is), asook jou telefoonnommer en die naam van jou skool.

Verskeie pretpryse is op die spel, so skryf so gou as moontlik in!

Al die foto’s wat ontvang word, gaan voor die einde van die jaar op Vaalweekblad se webblad geplaas word.

Hou Vaalweekblad en Ster dop vir meer besonderhede.

***********************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button