Lourens Smith van die Vaaldriehoek skryf:
Ek dink al die politieke partye kan gerus kom leer by Red Door Properties wat dit is om daad by jou woord te voeg.
Sowat twee weke gelede het hulle onderneem om te help om die vervalle paaie in ons buurt op te knap. Vandag, 16 Oktober het hulle spanne begin werk en het hulle gewys dat hulle nie net praat nie.
Ek glo ander besighede gaan volg en weet ook dat daar reeds ander is wat in ander buurte betrokke is. Dit is so jammer dat ons regering ons almal so in die steek laat. Volgende keer as jy oorweeg om ‘n onderneming te ondersteun, kyk eers wat ploeg hulle terug in die gemeenskap in.
Well done, Red Door Properties, en meer spesifiek Johan en Juanita.


********************************************************************************************
