News

Polisielid se gekaapte kar bars deur staatskliniek se heining

Die voertuig, wat glo aan ‘n polisieman behoort, is in die nagtelike ure gekaap en deur polisielede agtervolg.

VANDERBIJLPARK. – Die oggendstilte in die dorp se sakesentrum is vroeg Vrydagoggend, 12 November, versteur toe ‘n voertuig deur die palissade van die Johan Heyns-kliniek gejaag het.

Die voertuig, wat glo aan ‘n polisieman behoort, is in die nagtelike ure gekaap en deur polisielede agtervolg.

Die kaper het vermoedelik beheer oor die gesteelde voertuig verloor en omstreeks 04:30 deur die kliniek se omheining in Frikkie Meyer-boulevard gebars. Die pad was sowat twee ure lank tot by die Barrage-pad afgesper terwyl die SAPD met hul ondersoek besig was.

Sers. Gertrude Makhale van die Polisie se kommunikasie-afdeling het die voorval bevestig en sê dat ‘n lid van die SAPD sowel as die verdagte beseer is. Dit is onbekend hoe ernstig hul beserings is. Gerugte op sosiale media dat ‘n vrou weens ‘n koeëlwond gesterf het, is onwaar.

‘n Saak van poging tot moord en voertuigkaping word ondersoek.

Die gekaapte voertuig het teen die kliniek se omheining in Frikkie Meyer-boulevard tot stillstand gekom.

*************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button