News

Voormalige personeellid van MooiVaal Media sterf

Dienkie was etlike jare as ‘n flink konsultant aan MooiVaal Media (Ster en Vaalweekblad) se advertensie-afdeling verbonde totdat sy uit die gebied verhuis het.

‘n Gewaardeerde oudwerknemer van Vaalweekblad en Ster, mev. Dienkie Pieterse (62), is op 6 November onverwags oorlede.

Die oorsaak van dood was teen Vaalweekblad se saktyd nog nie bekend nie, maar volgens haar skoondogter, Monique Pieterse, was dit vermoedelik ‘n beroerte of hartaanval.

Dienkie was etlike jare as ‘n flink konsultant aan MooiVaal Media se advertensie-afdeling verbonde totdat sy uit die gebied verhuis het.

Sy word oorleef deur haar eggenoot, Hannes Rheeder, seun Hercus Pieterse en sy vrou Maria, ‘n jonger seun Nens Pieterse en sy vrou Monique, en drie kleinkinders, Nathan (15), Isabella (9) en Olivia Pieterse (7).

‘n Troosdiens is Dinsdag in die Klipkerk in Boksburg gehou.

* Vaalweekblad dra ons innige meegevoel aan die familie en vriende oor.

Wyle mev. Dienkie Pieterse (62).

************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button