
Antwoord die drie vrae hier onder teen 30 November 2021 om deel te wees van hierdie maand se inskrywings. Lesers wat reeds hierdie maand deelgeneem het, kan ook dié ekstra vrae beantwoord om jul wenkanse te verbeter.
Almal mag deelneem, al woon jy buite die Vaaldriehoek.
As jy ‘n wenner is, sal jou geld per EFT aan jou oorbetaal word).
Daar is R1000 kontant en verskeie pretpryse op die spel. As jy in November ook aan die gelyklopende blokkiesraaisels in Vaalweekblad se papieruitgawe deelneem, kom jy in aanmerking vir R2000 se pryse!
Baie dankie aan ons wedstrydvennote Bar With No Name, Jansen Houtwerke, Gas Monkey en Harry’s Butchery vir die kontant- en ander pryse!
Stuur jou antwoorde per Whatsapp na 076 454 9256. Onthou om jou naam, jou van en dorp se naam by te voeg.
(As jy nie weet wat die antwoorde is nie, kan jy dit by die skakels hier onder gaan vind)
VRAE:
1) In watter land neem die Vaaldriehoekse skoonheid, Jeané van Dam, aan die Miss Grand International Wedstryd deel?
2) Die voornaam van die oftalmoloog (oogspesialis) wat onlangs ‘n marathon katarak-operasies gedoen het.
3) Die VAN van pragtige Erika Labushagne se verloofde.
