LifestyleNews

Drome word waar! Vaal se spog-ontwerper op pad om topsanger te word!

Marius de Jager, bekende ontwerper van die Vaaldriehoek, het 'n kans om as wenner uit gesogte sangkompetisie te tree!

Duisende bruide ken die naam: Marius de Jager. Sommige droom al van kleintyd af om eendag hul droomtrourok by dié vooraanstaande ontwerper te laat maak. Min mense weet egter dat dié talentvolle man ook van jongs-af ‘n droom het om vir die wêreld te sing. Hy is nou ‘n semi-finalis in ‘n groot nasionale wedstryd. Hy is tans die publiek se 5de gewildste sanger en het ‘n kans om te wen as ons Valies saamstaan en vir hom stem.

Stuur nou al ‘n SMS met sy deelnemerskode: SN 76, na die SMS-nommer 47620 en help Marius om sy droom te bewaarheid!

Hier vertel Marius sy eie verhaal:

Van laerskool dae in graad 2 het ek reeds op die verhoog gaan klim en kan goed onthou hoe ek in ‘n kerkie in Villieria, Pretoria in ‘n oggenddiens met ‘n wit pak en swart skoene voor ‘n vol kerk gaan staan het en uit volle bors gesing het…….. “Noag het ‘n Ark gebou”. Alreeds daar het die verhoog my naam geroep en was ek nie onbekend vir ‘n mikrofoon of die verhoog nie.

Ek het in laat laerskool ‘n Hammond-orrel gekry en vinnig geleer dat hande en voete moet saamwerk maar met bene wat nog te kort was op daardie stadium, moes ek Amazing Grace maar net op die note speel. Die voetpedale was my nie beskore nie…… Ek het telkemale ‘n skooldag skelm verruil vir ‘n oomblik agter die note en ek is seker die bure was minder as beïndruk om uur na uur dieselfde deuntjie oor en oor te hoor.

My hartsbegeerte was ‘n klavier maar dit was net absloluut buite bereik vir my ouers en ‘n klawerbord moes die ding doen. In graad 6 het ek aansoek gedoen vir sangopleiding by Unisa en was uiters bevoorreg om een van sowat 80 kinders te wees wat gekwalifiseer het om intensiewe sangopleiding te kry onder leiding van dr. Salome Hendrikse.

Ek het die verhoog met bekendes gedeel soos Rina Hugo, Manuel Escorcio en vele meer. Saterdae laatmiddae en Sondagoggende het ek in kerke, kattedrale en teaters deurgebring. In graad 7 slaat ek die hoofrol in ‘n produksie los en trek ek die baadjie van Kroonprins Hendrik aan en sit ek saam met ‘n bekwame geselskap Aspoestertjie op die planke. Ek sal dit nooit vergeet nie. Hierdie produksie het my eerste soen die lig laat sien. In ‘n oomblik van vreugde moes ek en Aspoestertjie dans en na die dans moes ek ‘n pik op die lippe kry. Aspoestertjie het geweier om in enige oefening of kleedrepitisie soene uit te deel. Maar vir 4 aande in ‘n ry kry ek my eerste soen deur ‘n blonde meisie in ‘n pampoenrok.

Hoërskool was ‘n slegte gedagte wat ek liefs net wil vergeet en het meer tyd sonder toestemming tuis deurgebring as by die skool. As ek nie siek gespeel het nie was ek in die skoolsaal en het agter die klavier deur Aardrykskunde, Bedryfsekonomie en Handelsreg gesit. As onderwysers of die hoof wou weet wat ek besig is om te doen het ek blatant gelieg en gesê dat ek ‘n musiekeksamen het wat opkom en dit sal vir die skool se kultuur die beste wees as ek eerder agter die klavier sit en sing as wat ek leer wat is die bedryfswette van Suid Afrika.

In graad 11 ontmoet ek die meisie van my drome en deel die verhoog met haar in die kerk. Vandag kan ek haar my vrou noem en ek en Debbie is al bykans 22 jaar getroud en sing en bedien steeds saam. My liefde vir die mode, musiek, kosmaak en ‘n groot passie vir die bediening was maar nog altyd deel van my.

As ek nie klere maak nie, is ons as gesin besig met ‘n bedpartytjie en pak allerhande peuselhappies op die bed uit – en dan verloor ons onsself in ‘n lekker familie movie. Gewoonlik is dit iets met dinosoars want die twee seuns kry altyd die oorhand met die “remote”.

Ek het onlangs vir die Kompitisie “Begin sing” ingeskryf met ‘n video-opname van myself. ‘n Kans wat ek nog nooit gevat het nie. Dit was ‘n halsoorkop besluit maar doen het ek dit gedoen en ek is gekies uit bykans 800 sangers as semi-finalis wat Sondag 28 November deel gaan uitmaak van een van die grootste sangkompetisies tans.

Die publiek kan hulle stem laat saakmaak deur ‘n SMS te stuur, natuurlik met my deelnemer kode: SN 76, wat gestuur kan word na SMS-nommer 47620. 30% van die deelnemers se punt word bepaal deur die publiek en die res is die bekwame beoordelaars se keuse. Ons as gesin is besig om ons hele lewe in hierdie reis in te ploeg en is trots om die Vaaldriehoek daar te gaan verteenwoordig. Ek kan nie wag om as ‘n trotse Man, Pappa, Ontwerper, Broodbakker en Vaaldriehoeker daar te gaan staan nie. Laat tel gerus jou stem vir iets wat saakmaak en help ons om hierdie toekenning huis toe te bring.

(Die organisasie “Begin Sing” bied die sangkompetisie in die Silverstar Casino se Platinum Ballroom aan.)

Die bekende Vanderbijlparkse ontwerper, Marius de Jager, en sy pragtige vrou, Debbie.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button