LifestyleNews

Kers-aanbod: Kry Vaalweekblad se gewilde ‘onthouboek’ teen afslagprys!

Eksemplare van die boek is tot Kersfees teen ‘n spesiale prys van R250 beskikbaar.

Hier is goeie nuus vir almal wat nog Vaalweekblad se 55 Jaar herdenkingsboek wil aanskaf!

Eksemplare van die boek is tot Kersfees teen ‘n spesiale prys van R250 beskikbaar. Dit sluit BTW en aflewering in.  Die grootformaatboek bevat sowat 300 berigte en foto’s oor interessante nuus wat deur die jare in die Vaaldriehoek en omgewing afgespeel het. 

Een van die berigte in die boek handel oor Louis, ‘n bekende karwag van Vereeniging, wat op 1 April 2015 nie die motoriste in sy area met sy gebruiklike vrolike laggie kom begroet het nie. Inkopiegangers het gesien dat Louis tot laat die oggend nog op ‘n drom voor die winkel gesit en slaap het. Of so het almal gedink. Later het hulle gewonder of hy dalk deel van ‘n Aprilgek-grap was. Min het hulle geweet dat ‘n tragedie deur die nag hier plaasgevind het. Lees meer in Vaalweekblad se 55 Jaar Herdenkingsboek.

Die grootformaat boek is ‘n ideale Kersgeskenk en kan ook deur Vaalweekblad na ‘n vriend of familielid in ‘n ander dorp of provinsie gestuur word. 

Bestel joune vinnig voordat almal uitverkoop is!

Stuur ‘n WhatsApp of SMS na Retha by 083 246 0523 om te bestel.

************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button