
Daar wag vanjaar ‘n groot bederf op die Top Vyf wenners in Vaalweekblad se Matriekafskeidwedstryd 2021. Hulle gaan elk ‘n unieke kunswerk deur Suid-Afrika se voorste tegno-kunstenaar, JJ Smith van Techno Pencil Art, wen! Daar is ook kontantpryse op die spel!
Stuur een van jou mooiste 2021 matriekafskeidfoto’s teen 30 November na saintsberk@gmail.com of WhatsApp dit na 076 454 9256.
Die foto kan van jou alleen wees, of saam met jou metgesel. Foto’s moet as onverwerkte JPG’s gestuur word en nie groter as 1 meg wees nie. As jy per e-pos inskryf, tik MATRIEKAFSKEID in die onderwerpreël.
Onthou om jou naam en van te verskaf (en jou maat s’n as hy/sy op die foto is), asook jou telefoonnommer en die naam van jou skool.
* Die kunstenaar JJ Smith skep nie net lewensgetroue kunswerke van pragtige matriekpaartjies nie, maar ook van bruidspare, diere, jou gunstelingmotorfiets, jou oupa, jou pasgebore baba of enige foto wat na aan jou hart is en jy graag op dié manier wil bewaar.
In sy dae as radio-radartegnikus in die Lugmag het JJ reeds ‘n groot belangstelling in kunsgeoriënteerde fotografie gehad. Hy het dit gekombineer met moderne tegnokuns en vandag is hy onteenseglik een van die topkunstenaars op dié gebied in die land, en leef sy kunstalent nou voltyds uit.
Dié kunswerke is ook ideale Kersgeskenke en ‘n uitstekende manier om jou geliefdes of jou geliefkoosde gesinsfoto op PVC te verewig. Die koste wissel vanaf R380 vir ‘n A3-kunswerk, R580 vir A2 en R780 vir A1.
E-pos JJ vandag nog by technopencilart@gmail.com om uit te vind hoe jy jou kunswerk kan bestel, of besoek Techno Pencil Art op Facebook om meer voorbeelde van sy werk te sien. Die kunswerke neem sowat twee weke vanaf bestelling tot aflewering en kan dan by jou naaste Postnet afgehaal word.



************************************************************
