NewsNews
NUUSFLITS: Man by Vaal Mall doodgeskiet
VANDERBIJLPARK. – ‘n 40-jarige man is laat vanmiddag, net voor 18:00 by Ingang 5 van die Vaal Mall winkelsentrum doodgeskiet nadat hy en ‘n sekuriteitswag na bewering in ‘n onderonsie betrokke geraak het. Volgens ooggetuies het die oorledene en die sekuriteitswag glo stry gekry nadat hulle glo in die ingang met trollies teen mekaar gestamp …

VANDERBIJLPARK. – ‘n 40-jarige man is laat vanmiddag, net voor 18:00 by Ingang 5 van die Vaal Mall winkelsentrum doodgeskiet nadat hy en ‘n sekuriteitswag na bewering in ‘n onderonsie betrokke geraak het.
Volgens ooggetuies het die oorledene en die sekuriteitswag glo stry gekry nadat hulle glo in die ingang met trollies teen mekaar gestamp het. Die polisie het bevestig dat verskeie skote afgevuur is, maar dat die man net een keer getref is. Hy is op die toneel oorlede. Daar is glo kringtelevisie beeldmateriaal van die skietery.


*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en sal opgedateeer word soos inligting inkom.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
