
VEREENIGING. – MooiVaal Media, in samewerking met die Riviera Hotel, bied Saterdag, 4 Desember ‘n opwindende Kersmark by die hotel aan, waar verskeie klein besighede, tuisnywerhede en nie-winsgewende organisasies hul ware en dienste gratis gaan kom uitstal en hul produkte gaan verkoop.
Die dag staan bekend as die Alles-Wat-Mal-is Kersmark en dit beteken presies dit: Daar gaan iets van alles wees – van heerlike eetgoed tot die allermooiste handwerk… ideale Kersgeskenke vir die hele familie.
Daar gaan ook verskeie ander aktiwiteite wees soos ‘n parkrun, ‘n bergfietswedren, en wyn- en gin-proe, om maar ‘n paar te noem.
Stalletjie-eienaars en die publiek gaan geen toegangsfooie betaal nie. Al wat ons vra is dat besoekers en stalletjiehouers ‘n geskenk vir ‘n minderbevoorregte kind by die hotel se hek moet afgee, wat agterna aan verdienstelike organisasies oorhandig sal word.
Die Kersmark begin om 07:00 en duur tot omstreeks 14:00.
Meer besonderhede is beskikbaar by Amanda by weddings@rovresort.co.za.

******************************************************************************************
