Chantelle Pretorius laat weet:
My pa en sy buurman is elke jaar ‘n goeie span en hulle sit saam liggies op om die mooiste skouspel te gee vir die gemeenskap in Meyerton. Hulle het hierdie jaar weer eens hulself oortref. Hulle is in Marinus Cronjestraat Meyerton. Die liggies brand elke jaar.
Die tye is Maandae tot Donderdagaande van 19:00 tot 21:00. Vrydae tot Sondae 19:00 tot 22:00. In die geval van reën en donderweer sal dit nie aan wees nie. En as loadshedding weer aan ons deure klop, sal dit ook af wees. Enige foto’s en video’s van die publiek is welkom. Maar ons versoek vriendelik dat daar nie aan die liggies en bome gevat sal word nie. Baie Geseënde Christusfees vir elkeen…. Let’s remember… He is the reason for the season! XxX


