Wen vet kontantpryse met Desember-vasvra!
Baie dankie aan ons wedstrydvennote Harry's Butchery, Bar With No Name, Jansen Houtwerke en Gas Monkey vir die kontant- en ander pryse! Speel saam en wen lekker kontantpryse!

Antwoord die vier vrae hier onder teen 31 Desember 2021 om deel te wees van hierdie maand se Vaalweekblad aanlyn vasvra-wedstryd.
Almal mag deelneem, al woon jy buite die Vaaldriehoek. As jy die wenner is, sal jou geld per EFT aan jou oorbetaal word. Daar is R1000 kontant en verskeie pretpryse op die spel. As jy in Desember ook aan die gelyklopende blokkiesraaisels in Vaalweekblad se papieruitgawe deelneem het, kom jy in aanmerking vir R2000 se pryse! Baie dankie aan ons wedstrydvennote Harry’s Butchery, Bar With No Name, Jansen Houtwerke en Gas Monkey vir die kontant- en ander pryse!
Stuur jou antwoorde per Whatsapp na 076 454 9256. Onthou om jou naam, jou van en dorp se naam by te voeg. (As jy nie weet wat die antwoorde is nie, kan jy dit by die skakels onder die vrae gaan vind):
- Die naam van die Vanderbijlparkse wyfiekat wat moontlik deur ‘n uil opgetel en laat val is.
- Die poskantoor in dié dorp is op 4 November beroof.
- Die Kersliggies van Uniestraat 30, Sasolburg, bring hulde aan dié jong vrou wat verlede jaar oorlede is (Haar naam en van).
- Die VAN van die jong atleet, Ruben, wat op 27 November ‘n Suid-Afrikaanse rekord verpletter het.
Uniestraat se liggies bring weer vreugde oor Kerstyd – (Aaanskakeling: 1 Desember)
