News

Kiewiet Ontspanningsklub beloon presteerders by jaarlikse prysuitdeling

Vir navrae kan Mike van der Walt (0724536447) en Saadjie Zelie (0839427450) geskakel word.

VEREENIGING. – Tydens die Kiewiet Ontspanningsklub (Drie Riviere Aftree-oord) se jaarlikse Kers-ete en prysuitdeling, is die presteerders van die Jukskeiklub deur Mike van der Walt (voorsitter van die Kiewiet Ontspanningsklub) aangekondig.

Die geleentheid is op Woensdag 17 November by die klublapa gehou.

As gevolg van ongereelde spelery het die Putt-puttklub nie presteerders aangewys nie. Vir 2021 is daar ook ‘n eenmalige toekenning vir die “Vasbyters” van die klub gedoen. Dit is die klub se geliefde spelers wat hul bes probeer en net speel om die sport geniet.

Die Kiewiet Jukskeiklub by die Drie Riviere Aftree-oord (Fase 2) speel Maandae en Vrydae vanaf 14:00 tot 15:30 en Woensdae vanaf 14:00 tot 16:00.

Vir navrae kan Mike van der Walt (0724536447) en Saadjie Zelie (0839427450) geskakel word.

Vanjaar se presteerder: Agter van links is Frans Naudé, Hector Els, Coenie Smit (al drie is Vasbyters), Annatjie Pieters (Dames beste speler), Shirley Hare (Dames beste vordering) en Steve Viljoen (Vasbyter). Voor: Saadjie Zelie (Mans beste speler) en Hans Barnard (Mans beste vordering).
Annatjie Pieters (Dames Beste Speler), Shirley Hare (Dames Beste Vordering), Saadjie Zelie (Mans Beste Speler) en Hans Barnard (Mans Beste Vordering).
Hector Els (Vasbyter), Coenie Smit (Vasbyter), Frans Naude (Vasbyter) en Steve Viljoen (Vasbyter).

****************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button