Die reën van die afgelope weke het daartoe bygedra dat minstens vyf gesinne vasgekeer is en nie in of uit hul hoewes kan ry nie.
Een van die inwoners wat tans vasgekeer is, sê hul hoewe is al dekades lank in hul besit en daar was nooit enige waterprobleme met die pad soos dit was nie.
Hulle meen die pad is weens die padwerke te hoog, wat oorstromings in die omliggende ongeteerde gebied veroorsaak.
“Wat ek by een van die kontrakteurs gehoor het, is dat ons inwoners ons eie uitgange moet kry want ons is nie geregtig daarop om direk op die hoofpad uit te gaan nie. In 60 jaar wat ons hier bly was daar nooit sulke probleme nie. Wat het nou verander?” vra ‘n inwoner.
“Aan my linkerkant is die Rusticana-teerpad. Ons kan nie daardie kant uit nie want dit is potklei. Ons val vas daar. Aan die regterkant is die kerk en voor hom is die quarry-gat. Die reënwater het daardeur geloop na die anderkant van die pad, wat nou deur die padbouers toegemaak is. Ons is moedeloos,” sê nog een van die inwoners.
Hulle het reeds onsuksesvol probeer om ‘n vergadering met die hoof van die padwerke te belê. Mev. Gerda Senekal staan die inwoners by om ‘n oplossing vir die probleem te vind.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
