NewsNews

SA dokter se navorsing verklaar dalk Lang Covid

Navorsers en medici oor die wêreld heen is nog dronkgeslaan oor die sogenaamde ‘Lang Covid’ waaraan talle mense steeds ly, maande nadat hulle Covid-19 oorwin het.

Lang Covid is ‘n sambreelterm wat simptome insluit wat langer as ‘n maand aanhou.
‘n Navorser van die Universiteit Stellenbosch se departement: Fisiologiese Wetenskap, prof. Resia Pretorius, het buitelandse medici onlangs laat regop sit met haar nuwe navorsingsbevindings, waaruit dit blyk dat mense met Lang Covid skynbaar ‘n groot aantal “mikrobloedklonte” in hul bloed het, wat verhoed dat suurstof behoorlik deur die liggaam kan sirkuleer. Dit kan die mees algemene simptome van Lang Covid, soos hoofpyn, moegheid en asemhalingsprobleme, verklaar.
Prof. Pretorius verduidelik in die Augustus-uitgawe van die vaktydskrif, Cardiovascular Diabetology, dat hoë vlakke van verskeie inflammatoriese molekules, wat vasgevang is in mikroskopiese klein bloedklontjies in die bloed van individue met Lang Covid, gevind is.
Sommige van die vasgevange molekules bevat fibrinogeen, sowel as alfa(2)-antiplasmien. Fibrinogeen is ‘n proteïen wat in bloed voorkom en die liggaam help om stolsels te maak om bloeding te stop. Alfa(2)-antiplasmien is ‘n molekuul wat help om te voorkom dat bloedstolsels afbreek.
Onder normale toestande handhaaf die liggaam ‘n balans van stolling- en anti-stolling om die liggaam te help om bloedverlies na ‘n besering te beperk. Prof. Pretorius is van mening dat hoë hoeveelhede alfa(2)-antiplasmien wat in die bloed “vassit”, die liggaam se vermoë om klonte af te breek, ernstig belemmer.
Prof. Pretorius het voorgestel dat meer navorsing met ‘n groter steekproefgrootte gedoen moet word om haar bevindinge te bevestig. Dié navorsing kan uiteindelik die tipe behandeling aandui wat nodig is om Lang Covid-pasiënte se stollingstelsel te normaliseer.
* Prof. Pretorius se navorsing het gevolg nadat dr. Maré Vlok, ‘n senior analis in die Massaspektrometrie-eenheid aan die Universiteit Stellenbosch se Sentrale Analitiese Fasiliteite, die eerste was om die onoplosbaarheid van hierdie mikrostolsels waar te neem. Dít het aan die lig gekom toe hy opgemerk het dat die bloedplasmamonsters van individue met akute Covid, sowel as dié met Lang Covid, voortdurend ‘n neerslag van onoplosbare korrels in die onderkant van die proefbuise gevorm het ná voorbereiding vir analise.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button