Met liefde onthou: Wimpie van Heerden
"Die verlange is verskriklik swaar maar die liefde is oneindig!"

Wimpie van Heerden (Willem Petrus Johannes). 14 Julie 1958 – 22 Februarie 2021. ‘n Geliefde man onder almal in Vanderbijlpark. My pa was ‘n besonderse man, geken deur almal in Vanderbijl, dalk nie op sy naam nie maar as die vriendelike oom wat altyd almal om hom sou groet, vir jou sou glimlag of sommer net ‘n geselsie aanknoop, ‘n bekende gesig in die Vaal Mall en wat nou op ‘n daaglikse basis deur baie mense gemis word.
Hy het so baie mense aangeraak op maniere wat baie eers na die tyd besef het vanaf karwagte tot kelners by sy gunsteling Mugg & Bean.
Geseënd was ek met die beste pappa in die wêreld, ‘n wonderlike skoonpa vir my man, ‘n rolmodel, ‘n man met ‘n hart van goud en die beste oupa vir Miané. Die verlange is verskriklik swaar maar die liefde is oneindig! Rus in vrede, Pappa xxx

******************************************************************************************************************************
