News

Met liefde onthou: Nathan Hebler

" Jy is te jonk van ons weggeneem..."

 

Nathan Hebler, gebore 22 September 2002 – Afsterwe: 2 Februarie 2021.

Ons eerste Kersfees sonder jou. Ons mis jou so verskriklik baie. Ons wens jy was hier om vir klein Klara-Né te ontmoet, Juwan en Leah-Maé vra gereeld waar is jy. Ons het hulle geleer jy is nou die helderste ster, elke aand as hulle opkyk. Hulle verstaan nog nie hoekom jy nie huis toe kom nie. Ons het te min tyd saam met jou gehad maar ons sal elke oomblik wat ons wel gehad het, vir altyd koester. Ons hoop jy’t ‘n fees in die Hemel en dat jy afkyk op ons. Ons wens jy was nog hier! Geseënde Kersfees, Nathan. Al ons liefde, ons vyf Ventertjies.

  • Nathan het op 2 Februarie vanjaar gesterf nadat ‘n versteurde man op kliënte by ‘n kitskosrestaurant in Vanderbijlpark losgebrand het. Die man het later die dag sy eie lewe geneem. Vaalweekblad.

 

Wyle Nathan Hebler saam met van sy jong familielede

 

 

********************************************************************************************************

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button