DENEYSVILLE. – Volgens ER24 moes Midvaal se Brand en Reddingspan gistraand (4 Januarie 2022) die sg. Jaws of life gebruik om ‘n man uit ‘n motorwrak te bevry.
Die man, vermoedelik in sy vyftigs is ernstig beseer in ‘n ongeluk tussen die motor wat hy bestuur het en ‘n vragmotor.

Die ongeluk het op die R549 in Deneysville plaasgevind.
Twee passasiers in die motor is lig beseer. Die trokbestuurder het nie besering opgedoen nie.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
