News

Skelm ‘pastoor’ vra geld om skenking af te lewer

"Hierdie gewetenlose skelms gebruik enige persoon en enige instansie om geld op 'n oneerlike manier te bekom," sê Elizma

MEYERTON. – Die Kers- en Nuwejaarsvakansie bring tradisioneel hope vreugde en vrede, maar dit blyk dat kansvatters en swendelaars selfs in dié gemoedelike tyd aktief gebly het!

Me. Elizma Janse van Rensburg, wat by Christelike bediening in die Vaaldriehoek betrokke is, laat weet dat ene “Pastoor Mark” haar gedurende die Kerstyd uit die bloute gekontak het. Hy het gesê hy is bewus van haar organisasie se bediening en wou graag ‘n skenking doen om sodoende die gemeenskap te help.

“Omrede ons nie kospakkies gee nie, beveel ek ‘Pastoor Mark’ toe aan om Lewenskruispaaie in Meyerton te kontak. Ek weet daar woon meer as 100 mense  wat geen hulp van die staat kry nie en dat die nood daar groot is,” sê Elizma.

“Hy kontak toe vir Sophia Stander, ‘n lid van die bestuur van Lewenskruispaaie, en stuur foto’s van die berge voedsel wat hulle wil skenk. Toe dring ‘Pastoor Mark’ daarop aan dat R2 000 vir sy diesel-onkoste vooruit in sy rekening inbetaal moet word. Gelukkig het Sophia dadelik gesnap hier is ‘n groot swendelary aan die gang. Hierdie gewetenlose skelms gebruik enige persoon en enige instansie om geld op ‘n oneerlike manier te bekom,” sê Elizma.

“Pastoor Mark” het intussen soos ‘n groot speld verdwyn. Elizma waarsku ander diensorganisasies om bedag te wees op dié soort swendelstreke.

  • Let Wel: Lewenskruispaaie is ‘n hoogs gerespekteerde Christen-sentrum in die Vaaldriehoek wat hulp aan behoeftiges verskaf. Ondersteun hulle gerus – Vaalweekblad

*************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button