Bekende sakeman en oewer-inwoner, Kobus Pienaar, laat weet:
Ek dink daar moet ‘n waarskuwing uitgaan vir die gebied onder Barrage/Parys. Ons het pas verneem Barrage het sluise oopgemaak, die Leeuspruit en (ek dink) Taaibosch vloei in tussen die Baddriftbrug en Barrage. Die video’s wys rooiligte. Dis nou 23h00 (16 Januarie 2022) en van ons bure het Barrage toe gery om te gaan vra om sluise oop te maak. Ons wat net bokant Barrage woon, ervaar hoogste vlak ooit. Barrage het bevestig sluise is geopen, ons vlakke het 5 meter teruggetrek, maar ons is bekommerd.
Onder is foto’s van die omgewing wat laat gistermiddag deur Vaalweekbladlesers ingestuur is:




