
Grizelda van Wyk van Meyerton skryf:
Net ‘n waarskuwing: My bejaarde ouers is al twee keer in hul huis beroof. Die misdadigers is baie netjies aangetrek en oorvriendelik en maak sommer self die hek oop en nooi hulself in.
Toe my ma omdraai, staan die meneer al klaar in haar sitkamer. Hy het verlede week my ma se trouring en selfoon gesteel.
Vandag het ‘n “vrugteverkoper” homself in my bejaarde tannie se huis ingenooi toe sy wou gaan geld haal vir vrugte. Hy het haar selfoon gesteel.
Hulle kyk waar tuinhekkies nie gesluit is nie. Hulle is baie glad met die mond en pleeg die diefstalle baie vinnig.
As mens uitgaan om met hulle te praat, kom hulle in jou erf, en voor jy sien is hulle in jou huis. Dit is tans besig om in Meyerton te gebeur. Wees versigtig. Hou julle hekke gesluit.

******************************************************************************
