Ontgroening moet pret wees – nie marteling nie!
"Moet hulle nie verneder of op die grond laat rondseil nie!"
Sanet de Beer van die Vaaldriehoek skryf:
Ek is absoluut ten gunste van ontgroening vir graad 8’s, want dit is deel van die hoërskool. Toe ek egter hoor dat twee kinders se ouers vir hulle kalmeerpille by die apteek moes koop oor die ontgroening, het ek besef dit is nie reg nie.
Ontgroen die kinders, maak dit pret vir hulle. Moenie hulle verneder, laat rondhardloop in die son of laat rondseil op die grond nie. En waar is die onderwysers as dit gebeur? Laat die graad 8’s tuis voel en nie skool haat nie! Die pret is nie daarin om kinders te martel nie, maar om te lag en dit te geniet!

********************************************************************************************
