LifestyleNews

‘Kan ons onsself nog Afrikaners noem?’

Soos dit nou aangaan kan ons maar net sowel die taal Afrikaans heeltemal verwyder van die register van wêreldtale, as daar so iets bestaan.

Nicholaas Delport skryf:

Ek wil nou nie humeure laat opvlam nie, maar iets wat my grensloos irriteer is die swak Afrikaans wat ons mense praat.

Mense tik boodskappe vol spelfoute op Facebook en WhatsApp en sommer Engels en Afrikaans gemeng! Kan ons volk nie meer in suiwer Afrikaans kommunikeer nie!?

Ek dink mens kan jouself so mooi uitdruk in goeie Afrikaans, waarom ons taal verkrag met Engels?

Soos dit nou aangaan kan ons maar net sowel die taal Afrikaans heeltemal verwyder van die register van wêreldtale, as daar so iets bestaan.

Ons taal het sy oorsprong uit Hollands, as ek reg is. Ek hoor nie Hollanders wat hul taal meng met Engels nie?

Selfs ons Afrikaanse TV-reekse word nie in suiwer Afrikaans geskryf nie. Ons sangers skryf liedere ook in gemengde taal.

Selfs met my eie kinders het ek die stryd verloor oor Afrikaans.

So my vraag is: kan ons onsself nog Afrikaners noem?

********************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button