Vir jarelange inwoners van Vanderbijlpark is Hennie’s Apteek in die dorp se sakesentrum al vyf dekades lank ‘n vertroude vriend. Die behulpsame personeel was nog altyd daar om raad en professionele hulp aan te bied, maak nie saak of dit vir ‘n baba se koliekprobleme, middeljare-marakkas of noodsaaklike pamperlang vir ouderdomskete was nie.
Die apteek het deur die jare ook wyd bekend geword vir die verslankings- en skoonheidsbehandelings wat hier aangebied is.
Hennies Apteek is in 1972 deur mnr. Hennie Groenewald geopen en in 1981 deur mnr. Jan van der Merwe oorgekoop. In 2018 het mnr. Patson Chigwende, wat al etlike jare sakebelange in die Vaaldriehoek en die Rand het, die nuwe eienaar geword.
Om die apteek se 50ste jaar te vier, is daar besluit om nou na ‘n splinternuwe adres by Palms-winkelsentrum in Louis Trichardt-boulevard te verhuis.
Hennie’s Apteek staan nou bekend as Lifezest Pharmacy, en die slagspreuk sê alles in ‘n neutedop: “With us it’s personal”.
Mev. Zelda Jansen, die voltydse apteker, en haar span personeellede leef dié leuse met hart en siel uit en verseker hul kliënte ten alle tye van die beste diens en persoonlike aandag. “Ons gaan uit ons pad vir ons pasiënte,” sê sy.
Zelda is al vanaf 1985, na voltooiing van haar farmasie-opleiding, aktief in die aptekersbedryf betrokke en het deur die jare by verskeie van die grootste apteke in die Vaaldriehoek gewerk voordat sy die geleentheid aangegryp het om Hennies Apteek/Lifezest te bestuur. Sy is mal oor ‘n gesonde leefstyl en hou van oefen, draf en speel graag tennis wanneer sy ‘n kans kry. Haar grootste passie bly egter mense en kuier. Om dié rede geniet sy dit baie as kliënte net by die apteek inval en kom hallo sê. “Ek is baie opgewonde oor die apteek se toekoms,” sê sy.
Buiten normale apteekdienste bied Lifezest ook ‘n familiekliniek aan.
Die sake-ure is:
Maandae tot Vrydae: 08:00 – 20:00.
Saterdae: 08:00 – 19:00.
Sondae: 08:00 – 16:00.
Gaan loer gerus in by die Palms-sentrum, Winkel 5 (tussen 3@1 Express en Styles) en maak kennis met dié gedugte span. Hulle kan ook geskakel word by (016) 933 9446.



***********************************************************************************************
