NewsNews

Kyk hoe lyk dié pad: Gedeeltes van teervlak heeltemal weggespoel

Die R44 tussen Heilbron en Deneysville moes Saterdag tydelik gesluit word weens ernstige skade aan die padoppervlak ná swaar reën Vrydag.

Gedeeltes van die teervlak sowat 24km vanaf Heilbron in die rigting van Deneysville is heeltemal weggespoel, het Hilary Mophethe, woordvoerder vir die departement van polisie, paaie en vervoer gesê.
Mophethe sê die pad is tydelik gesluit ter wille van die veiligheid van motoriste. Motoriste is ook weer gewaarsku om ag te slaan op waarskuwingstekens waar vloedwater ‘n gevaar inhou, en dan van alternatiewe roetes gebruik te maak.
Groot gedeeltes van die teervlak het heeltemal weggespoel. Foto’s: Verskaf
Bus vasgekeer in vloedwater Saterdagoggend om 03:00 is ‘n Intercape-bus met 86 insittendes in vloedwater op die R30 tussen Allanridge en Bothaville vasgekeer.
Al die insittendes kon na veiligheid gehelp word. Hulle was van Umtata na Pretoria onderweg. Volgens polisiewoordvoerder Stephen Thakeng, was daar waarskuwingstekens dat die pad tussen Allanridge en Bothaville oorstroom is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button