Hierdie is ‘n baie hartseer geval…
Claude de Lisle van Vereeniging laat weet dat hy vanoggend by Kopanong-Hospitaal was en op dié man afgekom het waar hy buite die hospitaal naby die noodingang gelê het. Die man was blykbaar in die hospitaal behandel maar is reeds drie dae gelede ontslaan.
Claude het die matrone oor die situasie ingelig en die hospitaal gee tans aandag daaraan. Hy wonder of die man dalk iemand se oupa of pa is en of die familie nie bekommerd is nie? “As iemand die oom herken kan julle my asseblief op Facebook kontak?,” vra Claude.
OPDATERING: GOEIE NUUS IS DAT DIE MAN SE FAMILIE IN DRIE RIVIERE OPGESPOOR IS EN DAT HY HUIS TOE GENEEM KON WORD. DANKIE AAN ALMAL VIR JUL OMGEE EN DIE DEEL VAN DIE BERIG.


