Wholesale Meat Cash & Carry: sakpaspryse vir kliënte met goeie smaak!
Kom kuier Saterdag hier! Daar sal baie aktiwiteite wees soos gesigverf vir die kleingoed, musiek, weggeepryse en gratis geskenkpakke vir gelukkige kliënte, asook boerewors en prego-rolle, Soft Serve-roomys, baie spesiale aanbiedinge en die laagste pryse ooit op uitgesoekte items. Vir meer inligting, skakel die Meyerton-winkel by (016) 362 3699.
MEYERTON. – In die afgelope dekades het die stigters van Wholesale Meat Cash & Carry hulself as gerespekteerde rolspelers in die vleisbedryf in City Deep en Pretoria gevestig. Goeie nuus vir toegewyde vleisliefhebbers is dat Meyerton nou ook die tuiste van een van die groep se gewilde groothandelslaghuise is!
Daar was reeds vir baie jare ‘n slaghuis op die perseel in Lochstraat 29C, Meyerton, maar die afgelope jaar het dit ‘n skouspelagtige verandering ondergaan onder nuwe eienaarskap en bestuur van Wholesale Meat Cash & Carry.
Aan die stuur van die nuwe Meyerton-winkel is eienaar en bestuurder, Michael. Hy deel al van jongs af ‘n passie vir hoë kwaliteit vleis en uitsonderlike kliëntediens met sy pa, wat ook ‘n kundige met dekades se ervaring in die vleisbedryf is. Michael het sy blokmankwalifikasies reeds op die ouderdom van 18 behaal en het in die 20 jaar daarna ook ‘n meester op die gebied van gehaltebeheer, winkelontwerp en uitmuntende sakepraktyke geword.
Sedert Maart 2021 het Michael die ou slaghuis in Lochstraat tot op die been gestroop – baie daarvan met sy eie hande. Hy het ‘n massiewe skoonmaak laat doen, nuwe yskaste geïnstalleer en ‘n totaal nuwe, moderne voorkoms en uitleg beplan. “Ek wou splinternuut, vars en onberispelik skoon begin,” sê hy.
Sy Meyerton-winkel is nou ‘n indrukwekkende en gerieflike eenstopwinkel waar jy fantastiese spesiale aanbiedinge op vars vleis, organiese vrugte en groente sal vind, asook Wholesale Meat Cash & Carry se bekende koue en warmkos-deli. ’n Verskeidenheid varsgebakte brode is ook beskikbaar – alles op een gerieflike plek.
Hoewel dit beskou word as ‘n luukse “high-end” slaghuis wat onder vleisfynproewers gewild is vir sy spesiale snitte, word daar beslis ook voorsiening gemaak vir kliënte wat in hierdie moeilike tye elke sent moet omdraai.
“Ons hou ons pryse so laag as moontlik om meer volumes te verkoop, wat ons in staat stel om voort te gaan om sulke bekostigbare pryse aan te bied,” verduidelik Michael. Trouens, sy nommer een doelwit is om voorsiening te maak vir ‘n mark wat moeg is daarvoor om buitensporige bedrae op hul maandelikse vleis- en kruideniersrekeninge te bestee. Verbruikers wat op ‘n maandelikse basis bekostigbare, hoëgehalte vleis en kruideniersware wil kry, kan geweldig bespaar, danksy die winkel se groothandelpryse. Dit is geen wonder dat kliënte reeds van die verste uithoeke van die Vaal en aangrensende gebiede soos Alberton af ry om voordeel te trek uit Wholesale Meat Cash & Carry se visioenêre sakebeginsels nie!
As perfeksionis is Michael baie krities oor wat op sy rakke geplaas word, en hy streef daarna om slegs die hoogste gehalte vleisprodukte soos Karan Beef en pluimvee van RandVaal Chicken in Meyerton aan te bied. Die meerderheid produkte kom van Tems Meat in City Deep, wat moeite doen om slegs die hoogste gehalte teen die beste prys te verkry en hul kliënte by sulke besparings laat baat.
“In ons winkel het ek en ons personeel ‘n sêding dat ons die ‘Beste Slagter’ in die dorp is en ons druk onsself om regtig die beste te wees; nie net wat ons produkte en kwaliteitsbeheer betref nie, maar ook ons kliëntediens. Ons wil nie net nóg ‘n slaghuis wees nie maar eerder ‘n betroubare vriend waar jy persoonlike aandag en uitstekende diens gaan kry – en natuurlik produkte teen ‘n merkwaardige goeie prys,” sê Michael.
Kom kuier Saterdag hier!
Almal is welkom om Wholesale Meat Cash & Carry op Saterdag, 26 Februarie te besoek vir ‘n prettige gesinsdag. Daar sal baie aktiwiteite wees soos gesigverf vir die kleingoed, musiek, weggeepryse en gratis geskenkpakke vir gelukkige kliënte, asook boerewors en prego-rolle, Soft Serve-roomys, baie spesiale aanbiedinge en die laagste pryse ooit op uitgesoekte items. Vir meer inligting, skakel die Meyerton-winkel by (016) 362 3699.
Duisend kg van dié biltong word per maand verkoop!
Afgesien van hul ander heerlike aanbiedinge, verkoop Wholesale Meat Cash & Carry meer as ‘n duisend kilogram biltong per maand. Omdat eienaar-bestuurder Michael self ‘n vleisliefhebber is, het hy met ‘n aantal geheime tegnieke geëksperimenteer om die lekkerste geelvet-biltong te maak. Die resultaat is inderdaad ‘n plesier vir elke biltongliefhebber en vir baie van dié wat dit reeds ontdek het, ‘n onbetwiste gunsteling. Besoek die winkel by Lochstraat 29C, Meyerton en beproef dit self!
Sake-ure:
Mon: 08:00 – 17:30
Tues – Fri: 08:00 – 18:00
Sat: 08:00 – 15:00
Sun: 08:00 – 13:00





**********************************
