News

Berei voor vir lang kragonderbreking op Sondag, 27 Februarie

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het dié week kennis gegee dat die Munic Substasie Sondag, 27 Februarie vir 'n groot deel van die dag afgeskakel gaan word

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het dié week kennis gegee dat die Munic Substasie Sondag, 27 Februarie vir ‘n groot deel van die dag afgeskakel gaan word vir noodsaaklike herstelwerk en instandhouding Volgens Emfuleni is noodonderhoudswerk aan 88kV-strukture by die Munic Substasie noodsaaklik om toekomstige betroubaarheid van elektrisiteitstoevoer na Vanderbijlpark en omliggende gebiede te verseker. Die werk sal Sondag vanaf 09h00 tot 19h00 uitgevoer word. Emfuleni sê geen waarborg kan gegee word dat toevoer af sal bly vir die duur van die onderbreking nie, daarom word geaffekteerde kliënte aangeraai om alle elektriese stroombane en toestelle te alle tye as lewend te beskou. Vir meer inligting kontak die Elektrisiteitsbeheerkamer via WhatsApp: by: 065 871 7483.  

 

 

*************************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button