News

Lang kragonderbreking op 2 Maart in Wyk 15, Sasolburg

Geen waarborg kan gegee word dat die krag die hele beplande tyd af sal wees nie, dus word verbruikers versoek om alle elektriese stroombane en toerusting heeltyd as "lewend" te beskou.

Die Metsimaholo-munisipaliteit het bekend gemaak dat ‘n kragonderbreking more, 2 Maart, vanaf 08:00 tot 19:00 in Wyk 15 beplan word.

Die betrokke transformator is verlede week ernstig deur kabeldiefstal beskadig, en volgens die munisipaliteit is 2 Maart se beplande onderbreking nodig om verdere skade te voorkom.

Geen waarborg kan gegee word dat die krag die hele beplande tyd af sal wees nie, dus word verbruikers versoek om alle elektriese stroombane en toerusting heeltyd as “lewend” te beskou.

Die munisipaliteit bedank inwoners vir hul geduld en vra verskoning vir die ongerief.

 

 

********************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button