NewsNews

Geliefde Vanderbijlparkse dokter oorlede

Vaalweekblad se innige meegevoel aan al Dr. Marius se familie en vriende.

Vaalweekblad het sedert laasnag (6 Maart 2022) talle oproepe en Whatsapp-navrae gekry van mense wat wou weet of die gerug waar is dat ‘n geliefde Vanderbijlparkse dokter, dr. Marius Cloete, gesterf het. Vaalweekblad het vanoggend bevestiging by ‘n familielid gekry dat hy inderdaad oorlede is. Ons gaan tans geen verdere navrae daaroor hanteer nie en wil die familie graag tyd gee om hierdie tragiese nuus te verwerk voordat ons ‘n berig doen. Ons glo ons lesers sal verstaan. Vaalweekblad se innige meegevoel aan al Marius se vriende en familie. Hy was ook die dokter van ‘n paar personeellede van MooiVaal Media. Ons sal hom met die grootste waardering, agting en respek onthou.

Wyle dr. Marius Cloete.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button