LifestyleNewsNews

‘Herfs, nou kan jy maar kom!’

"As alles so doodgaan, sien jy die mens maak reg om ook meer in sy dop te klim..."

Alida Hein skryf:

Ek het Saterdag by my venster uitgekyk en die eerste geel herfsblare sien val en waai. Dit was amper soos ‘n beklemming om my hart toe ek besef dit lyk of die winter vroeg begin… nee, nie dit nie!

As alles so doodgaan, sien jy die mens maak reg om ook meer in sy dop te klim vir die winter. Ek hou geensins van warm klere nie. Tog is dit so mooi as die takke hul karakter begin wys en die blare so dik dartel oor die gras. Ek kan my vir ure verkyk aan die takke. Ons is innig dankbaar vir ‘n nat somer en daar was baie skade, maar die boere het geglimlag, dit reën, dit reën! So herfs, jy wat so begin loer om die hoekie, jy kan maar kom, maar hou die koue net nog ‘n rukkie weg.

 

************************************************************************************************

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button