News

Taxi-staanplek naby ouetehuis ‘n groot probleem

"Jy het geen uitsig om oor daardie hoofweg te kom nie, hulle staan hom vir jou TOE"

Jacquelene Naudé van Sasolburg skryf:

Ag nee man, die kragonderbrekings in Sasolburg raak te erg. Die ouetehuis in Pringlestraat was op 22 Februarie weer heelaand sonder krag – om nie eers te praat van ons fone wat net nie gelaai kom nie. En om verder nie eers te praat van die nuwe taxi-rank wat begin word net na die kerk na Pringlestraat nie.

Jy het geen uitsig om oor daardie hoofweg te kom nie, hulle staan hom vir jou toe soos hulle hul arms swaai vir ‘n taxi om hulle op te laai. Die taxi’s draai voor jou in en gee net niks om nie.

Daar is wette wat die stadsraad moet eerbiedig en ‘n taxi-staanplek tussen huise, nee man, nee! Nou wil ek weet: As daar ‘n ongeluk op daardie hoek gebeur en ek verloor my lewe, kan my kinders ‘n eis teen die munisipaliteit insit?

Die taxi’s gee glad nie gehoor aan padregulasies nie.

Hulle ry jou behoorlik van die pad af en ry wederregtelik oor strepe en stop glad nie by stopstrate of verkeersligte nie. Dit raak ‘n wilde weste. Mens wonder waar kry hulle hul bestuurslisensies.

Sasolburg se verkeersafdeling, doen asseblief iets hieraan. Dié probleem verdien dringend aandag.

 

******************************************************************************************************

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button