Vaalpark Primêr se swemsterre skitter
Knapgedaan aan Vaalpark Primêr se swemspan. Sterkte met die SA's Katelyn en Jayden.
VAALPARK. – Dit was ‘n bedrywige paar maande vir Vaalpark Primêre Skool se swemspan.
‘n Span van 11 swemmers is ingeskryf om aan die Vrystaat interskole-Gala in Bloemfontein op 21 en 22 Februarie deel te neem.
Die swemmers het uitmunted gevaar en altesaam sewe goue, vyf silwer en vier brons medaljes huis toe gebring.

Jayden Booysen en Katelyn Fourie is ook vir die Vrystaatspan gekies wat van 26 tot 28 Maart aan die SA Skole Gala by Hillcrest in Pretoria gaan deelneem.
Jayden, Katelyn en Wihan de Waal is ook in hul onderskeie ouderdomsgroepe as algeheel tweede in die Vrystaat gekroon.
Die skool is baie trots op hul swemspan wat teen heelwat groter skole meegeding en uitstekend gevaar het.
So het die seuns aflosspan onder Grey College van Bloemfontein uitgeswem en goud verower.
Die span, bestaande uit Jayden Booysen, Damian Harman, Henco Harmse en Garrick Knoetze het ook ‘n silwer medalje losgeswem.
Katelyn Fourie het drie goud en een silwer verower, terwyl Jayden Booysen sy plek in die Vrystaatspan verseker het met twee goud en twee silwer.
Die ander medaljewenners was Garrick Knoetze (1 goud, 1 brons), Wihan de Waal (1 goud, 2 silwer, 1 brons), Barend Pieters (1 brons) en Troy Liebenberg (1 brons).
