VANDERBIJLPARK. – ‘n Botsing op die R59-snelweg het 10 dae gelede die blink toekoms van ‘n Vanderbijlparkse pa, mnr. Bennie Gordon, in ‘n nagmerrie van pyn en onsekerheid verander. Hy het baie ernstige nekbeserings opgedoen.
Bennie word tans danksy geldelike ondersteuning van naby-vriende en familie in Cormed-Hospitaal verpleeg, maar die koste hoop vinnig op. Hy is sy gesin (vrou Wilmarie en hul drie kinders) se enigste broodwinner.
Enigiemand wat bereid is om ‘n geldelike bydrae vir Bennie se verdere behandeling te maak, kan dit inbetaal in die volgende rekening:
M. Stone, rekeningnommer: 022118683, Standard Bank, Sasolburgtak. Lees die volledige berig in Vaalweekblad van 9 Maart 2022.
******************************************************************
